despatch voortrekkersentrum

Alwyn Griebenowsaal

Saal

Die saal is geskik vir enige geleentheid soos 'n verjaarsdagpartytjie, huweliksonthaal, babatee, kombuistee, vergadering, opleiding, markdag en selfs 'n sportsaangeleentheid soos dans, judo, karate, ens.

Die saal kan gemaklik tot 80-100 mense akkommodeer. Die tafels en stoele is ingesluit by die huurtarief.

Daar is oorgenoeg parkering beskikbaar.

Braai area

Die saal het 'n groot stoep met 'n afdak en daar is ook 'n braaiplek op die stoep, maar nie onder dak nie. 'n Tweede, groter braaiplek is ook op die terrein beskikbaar

Kombuis
Die hartjie van enige geleentheid. Dis hier waar al die lekkernye voorberei word.

Die kombuis is toegerus met ‘n ketel, yskas, ‘urn’, stoof en oond. Daar is geenmikrogolfoond nie.

Die gebruik van die kombuis is ingesluit in die huurtarief.

Geen breekware en eetgerei is beskikbaar nie en moet self deur die huurder voorsien word.

Buite
U is welkom om tente op te slaan vir addisionele spasie of dit te gebruik vir parkering.

TARIEWE

TARIEWE

Die huur is R1 500 vir 'n Saterdagaand, waarvan die huurder R300 terugkry indien die saal in dieselfde toestand gelaat word as waarin hulle die saal ontvang het.  Huurders sal die sleutel van die saal die Saterdagoggend ontvang.  Indien die huurder die saal reeds Vrydag benodig om bv. die saal te drapeer, sal 'n addisionele bedrag van R400 betaalbaar wees.

RESPEKTEER DIE WOONBUURT

Aangesien die saal in 'n woonbuurt in Despatch geleë is, moet al die reëls vir die huur van die saal streng nagekom word.