ons is trots op ons

terreine

Kampterrein
van stadenskloof voortrekkerkampterrein

Dit is 'n lieflike terrein, geleƫ te midde van 'n fynbosarea en ongeveer 30km wes van Port Elizabeth.Die terrein is geskik vir spankampe, kerkgroepe, spanbougeleenthede of net heerlike ontspanning.

Die uitsig oor die kloof en die Van Stadensrivierbrug is ongelooflik mooi.

Die kampterrein het slaapplek vir ongeveer 45 persone.

Kampterrein
Boknes

Voortrekkerkampterrein

Die kampterrein is in die Boknesstrand kusdorp geleƫ. Die terrein is binne 500 meter vanaf die see.

Dit is geskik vir skoolkampe, groot groepe, spanbougeleenthede of vakansiekampe.

Die kampterrein het slaaplokale vir ongeveer 300 persone en daar is 6 enkelkamers met slaapplek vir 4 mense elk. Die saal met kombuis is ruim genoeg om almal te akkommodeer. Daar is ook 27 karavaan en tentstaanplekke beskikbaar.

Sentrum
Kragga Kamma voortrekkerSentrum

Die terrein bestaan uit 'n saal, braaigeriewe, kombuis en spankamers.

Die sentrum word gebruik deur die Kragga Kamma Voortrekker-kommando, maar is ook beskikbaar vir enige funksie of ander aktiwiteite.

Vir meer inligting oor die huur van die saal stuur gerus 'n e-pos na kkvoortrekkers@gmail.com of klik op die skakel.

Sentrum
Despatch VOORTREKKERSentrum

Die terrein bestaan uit 'n saal, braaigeriewe, kombuis en spankamers.

Die sentrum word gebruik deur die Despatch Voortrekkerkommado, maar is ook beskikbaar vir funksies of ander aktiwiteite.