
ONTDEKKER
'n Ondekker is voorskoolse kinders vanaf die ouderdom van 5 jaar oud.
'n Penkop is 'n skoolgaande seun van graad 0/R tot aan die einde van graad 7.
'n Drawwertjie is 'n skoolgaande dogter van graad 0/R tot aan die einde van graad 7.
'n Verkenner is 'n skoolgaande seun of dogter van graad 8 tot graad 12.
'n Staatmaker is 'n naskoolse man of dame tussen die ouderdom van 18 - 28.
'n Offisier is 'n naskoolse persoon van 18 jaar en ouer wat hulself beskikbaar stel om as spanoffisiere of offisiere sonder spanne te dien.
Almal wie betrokke wil raak by die Voortrekkers, kan hierdie skakel volg om te registreer.