Die oos-kaap storie

DIE JARE VOOR DIE AMPTELIKE STIGTING VAN DIE VOORTREKKERS IN 1931

Die Voortrekkerbeweging is op 30 September 1931 gestig in Bloemfontein, maar lank voor dit was daar jong onderwysers in die Oos-Kaap wat bekommerd was oor die naskoolse bedrywighede van die skoolkinders.

In sy boek, “Die Voortrekkers en ander Suid-Afrikaanse jeugverenigings” skryf Japie De Villiers Heese dat hy in die begin van 1923 as jong onderwyser met ‘n jaar se onderwyservaring getref was deur die doellose en soms skadelike wyse waarop die skoolseuns in die middae hulle vrye tyd spandeer het. Hy het besluit dat iets daaraan gedoen moet word.

Dit het daartoe gelei dat hy begin het om smiddae die seuns veld toe te neem. Dit het byval gevind en Heese het besef dat ‘n vaste vorm aan hierdie uitstappies en buitelug-werksaamhede gegee moes word. Hy het besef dat ‘n vaste struktuur aan hierdie uitstappies en buitelug aktiwiteite gegee moes word en het toe in gesprek getree met prof. Ben Taute, hoof van die Opleidingskollege op Graaff Reinet.

Prof Taute het hom verwys na dr. Visser wat op daardie stadium reeds besig was met grondwerk vir die stigting van Die Voortrekkers. Dr. Visser het aan hom ‘n brief gestuur met ‘n program van aktiwiteite wat hy vir Die Voortrekkers opgestel het. Dit het ooreengestem met Japie Heese se ideale vir die seuns en hy het verder net ‘n tipe konstitusie en plan van aksie opgestel.

Japie heese
M.E. du Toit

Voortrekkers het vlam gevat op Graaff Reinet en me. M.E. du Toit het spoedig Heese se voorbeeld gevolg en ‘n groep vir dogters begin. Mettertyd was daar twee, gesonde, groeiende takke van Die Voortrekkers op Graaff Reinet. Die geesdrif in die gemeenskap vir Voortrekkers was hoog. Meeste onderwysmanne op Graaff Reinet was nie net geinteresserd nie maar het Voortrekkers ten volle ondersteun, mense soos Dr. J.R. Malan, Dr. W. de Vos Malan en prof. Ben Taute. Die skoolhoof van die destydse middelbare skool op Graaff Reinet, Dr. G.W. Eybers, was veral ‘n sterk steunpilaar vir die saak van Die Voortrekkers en die persoon wat vas gestaan het en moed gegee het as ander wou tou oopgooi. Deur sy invloed het die SAOU, waarvan hy voorsitter was, besluit om in 1923 die saak van Die Voortrekkers op die agenda te plaas. Japie Heese het die Voortrekkers se saak by die SAOU kongres gestel en alhoewel hulle nie aanvanklik gunstig reageer het nie, het die SAOU tog besluit om ‘n ondersoek te doen oor die werksaamhede van Die Voortrekkers.

Die kommissie se verslag oor hul bevindings was gunstig en by die volgende SAOU kongres in Desember 1924 is ‘n kommissie aangestel om ‘n konstitusie vir die beweging op te stel. Dr George Eybers was voorsitter van die kommissie en hy is bygestaan deur ‘n aantal vooraanstaande onderwysers.

Dit het goed gegaan met Die Voortrekkers op Graaff Reinet. Twee sterk takke van meer as 100 kinders elk het onstaan. Selfs 2 Voortrekkerboekies is uit gegee , ‘n Bundel van briewe van ‘n denkbeeldige Voortrekker aan ‘n maat oor sy Voortrekker ervarings en “Hoe ons werk”, die eerste uitgebreide konstitusie wat Die Voortrekkers in Kaapland besit het.

‘Die Voortrekkers was toe in 4 afdelings verdeel nl.
Penkoppe (sterretjies)
Brandwaggies (ligstrale)
Staatmakers (Sonstrale)
Seuns van Suid Afrika en Dogters van Suid Afrika

Japie Heese noem in sy boek dat Graaff Reinet se leuse “Waak en Werk” die eerste leuse was waarvan hy weet. Dit het later verander na “Vorentoe”, nog later na “Padlangs”.

Japie Heese en mej. M.E. du Toit het in 1923 ‘n 10 dag kamp vir 100 kinders georganiseer in Jeffreysbaai. Die kamp, wat beskou word as die eerste Voortrekkerkamp, was ‘n groot sukses.


Die Voortrekkers op Graaff Reinet het ook ‘n eie vlag en eie vlagdraer gehad. Die vlag het bestaan uit ‘n skild met ‘n lint bo-aan waarop staan “Voortrekkers”. Op ‘n lint onderaan was die leuse. In ‘n sirkel in die middel van die skild was Spandau-kop, in die linkerhoek bo ‘n Voortrekker met sy geweer, in die regterhoek bo ‘n seun wat studeer, links onder ‘n Bybel en regs onder ‘n opkomende son met ‘n stukkie Karoo en mooi aalwynboom. Voortrekkers het met trots marsjeer deur Graaff Reinet se strate met hierdie vlag wat ook gedien het as hulle wapen.


Inligting verskaf deur AHL Elima Smith (Februarie 2020)

Die eerste vlag van 1923

DIE EERSTE KAMP

Japie Heese en Mundie du Toit reël in 1923 ‘n kamp vir Graaff-Reinett se voortrekkers. Hierdie kamp wasgereël vir 10 dae en dit sou op Jeffreysbaai gehou word. Daar was 100 kinders op die eerste kamp.


Jeuglede het al maande voor die tyd begin om fondse in te samel vir die kamp deur ‘n konsert aan te bied en verkopings te hou. Hulle het 160 ingesamel. Dr Danie Langner skryf in sy boek “Die Voortrekkers Hou Koers!” dat die ouers beskuit, droë ribbetjies, biltong en allerhande soorte kos wat in kiste verpak was
geskenk en saam gestuur.


Op Port Elizabeth het die Voortrekkers oorgeklim op ‘n klein “pop-treintjie” wat hulle oor Humansdorp na Jeffreysbaai moes vervoer. Die treintjie het dikwels teen die hange gaan staan. ‘n Treinrit tussen PortElizabeth en Jeffreysbaai het ses ure geneem.


‘n Sinkhuisie is deur Mnr PD du Toit vir die Voortrekkers gehuur en ‘n baie groot sirkustentis vir die kamp by iemand geleen.Tydens die kamp was die Voortrekkers ingedeel in kosspanne wat vir die hele kamp moes kos voorberei. Die kampprogram het bestaan uit swem, konsert, baie pret en speletjies.


Dit is hoe Voortrekkers vandag nog kamp.

Japie Heese

Vir Japie Heese was Graaff-Reinet die begin van ‘n lewenslange verbintenis met Die
Voortrekkers.


Hy dien as redakteur van die eerste Hou Koers tot en met sy verkiesing as Hoofleier in 1959. Die Voortrekkers se lektuur is grootliks te danke aan Japie Heese.


In 1931 word hy die eerste hoofsekretaris van die beweging en is in 1959 tot derde
hoofleier‎verkies. Dit was ‘n rang wat hy tot sy skielike dood op 31 Desember 1965 beklee het.


Japie Heese het ook‎die naam Penkoppe, wat vandag nog gebruik word, vir laerskoolseuns voorgestel.


Hy is later met Mej. Du Toit (Nig Mundie) getroud. Sy was later bekend as Tannie Mundie.

Stigting van ‘n nuwe gebied.

In Mei 2018 neem die Hoofbestuur van Die Voortrekkers ‘n historiese besluit dat ‘n meergebiedsmodel vir Kaapland en Transvaal verder ondersoek moet word. Die uitkoms van Kaapland se proses was baie emosioneel, maar tydens ‘n Gebiedsbestuursvergadering op Wemmershoek is die besluit geneem om Oos-Kaap tot ‘n volwaardige gebied te ontwikkel. 

Tydens amptelike stigting van die Die Voortrekkers op 30 September 1931 het elke Provinsie ‘n eie dagbestuur gekies. Elke Provinsie kies sy eie dagbestuur.

Kaapland se dagbestuur was:
Prof. B Taute as Provinsieleier
Mev A steyn as onder-provinsieleier
JL Immelman as sekretaris.

Tydens die Groot Inlywing van die eerste Voortrekkers in die Kasteel op 12 November 1932 word die eerste provinsieleier, Prof B Taute deur Professor Moorrees ingelyf as die eerste Provinsieleier van Kaapland. In 1933 vertrek Immelman uit Kaapland en P J A Vos word in sy plek as sekretaris gekies.

DIE EERSTE DAGBESTUUR VAN gEBIED OOS-KAAP

Die eerste dagbestuur van Gebied Oos-Kaap word tydens die Kongres op Graaff-Reinette in die NG Kerk Graaff-Reinett ingelyf. Die eerste dagbestuur van Gebied Oos-Kaap wat op Graaff-Reinette ingelyf is, is:


Gebiedsleier Pieter Jacobs
Adjunk Gebiedsleiers Admin: Erina Muller
Adjunk Gebiedsleier Finansies: Ilse Ferreira
Adjunk Gebiedsleier Bemarking: Adri Steyn
Adjunk Gebiedsleier PD Sake Lizan Burger

Adjunk Gebiedsleiers Verkenners, Jana Stander en Adjunk Gebiedsleier (Volwasse Sake) Hanelise du Plessis is later tydens die eerste Gebiedsdagbestuurvergadering deur die nuwe Gebiedsleier en die uigetrede Provinsieleier, Riana Breytenbach ingelyf op Despatch.

Die huidige dagbestuur van Gebied Oos-Kaap.



‘n Simbool van Leierskap

Terloops u het seker opgemerk dat Kaapland se dagbestuur mantels dra. ‘n Mooi tradisie is in Kaapland ontwikkel waar mantels aan die nuwe dagbesture oorhandig is.

Die voorloper van hierdie mantels was waarskynlik die mooi drie hoekige kampvuurkombers wat iemand vir oom Vossie, (Kaapland se provnisiesekretaris van 1933 -1966) in 1944 gemaak het. Die “mantel “is tans te sien in die museum. Vir oom Japie Heese is ook een gemaak maar dit is nie in Voortrekker besit nie.  

In 1968 het Stellenboschkommando tydens ‘n funksie aan die nuwe provinsiedagbestuurlede, Andre Duminy, Hansie Hendricks en M Verster (nig Sterretjie) groen kampvuur mantels met Kaapland se gebiedswapen, die Oskop, op die rug, as geskenke oorhandig. Nig Carina Hahn het hierdie mantels gemaak

Toe Hennie Stofberg (neef Stoffie) later by oom Andre oorneem as provinsieleier het oom Andre by die geleentheid sy mantel om Stoffie se skouers gehang. Onbepland was hierdie “geskenke” die begin van ‘n tradisie in Kaapland. Nig Carina het nog mantels gemaak wat Kaapland se eiendom geword het. Tydens die inhuldiging van die daaropvolgende dagbesture is die mantels om die skouers van die nuwe leiers gehang en het die mantels die simbool van die oordra van leierskap in Kaapland geword.

Die groen kampvuur mantels met Kaapland se Gebiedswapen. 

Byna 40 jaar later, in 2006 toe Kaapland se Oskop met die Taalmonument as gebiedswapen vervang is, het Gerda Stols, toe gebiedsonderleidster, die nuwe groen mantels met die Taalmonument op die rug wat tans gebruik word, gemaak.

Inlywing van Kaaplandse dagbestuur (2017 - 2023)
by Onze Rust buite Bloemfontein.


Saam met die tradisie van die mantels het ook die oorgee van rangkentekens deur die jare ontstaan.

Oos-Kaap se Provinsievoog, AGL Muntie Griebenow oorhandig haar rangkentekens aan haar opvolger, Riana Breytenbach tydens Kaaplandse Gebiedsdagbestuursinhuldiging op Wildschutsbrand, Wemmershoek in 2013.

Nadat die besluit geneem is dat Oos-Kaap in 2023 as ‘n eie gebied ingelyf sou word, het Gebiedsleier Anton Erwee baie sterk gevoel dat hierdie tradisie ook aan Gebied Oos-Kaap oorgedra sal word. Kaaplandse dagbestuur het toestemming verleen dat daar vir Gebied Oos-Kaap agt donkerblou mantels gemaak sal word wat dan tydens die inlywing van die nuwe Gebiedsdagbestuur in Graaf -Reinet aan hulle oorhandig is. Met hierdie gebaar het Kaapland se dagbestuur hulle seën uitgespreek oor die nuwe dagbestuur van Gebied Oos-Kaap.

Gebied Oos-Kaap se dagbestuur ontvang hulle mantels

van Kaapland se dagbestuurslede in 2023 tydens die inhuldiging
van die nuwe gebiedsdagbestuurslede op Graaf - Reinett.

Het u gewonder waarom Kaapland se gebiedswapen so baie verander het?